OUDTSHOORN NUUS - Die 13-jarige William van Tonder het Saterdag die 155ste Oudtshoorn-Parkrun by Surval met 'n tyd van 20 min 55 sek gewen.
Hy was al by 'n vorige geleentheid ook eerste by die eindpunt.
Heinrich Boje was tweede in 21 min 30 sek, Abrie van Tonder derde in 21 min 51 sek en Shafiek Galant met 'n tyd van 21 min 59 sek in die vierde plek.
Die volgende ses drawwers by die eindpunt was Joris Wonders (22:09), Jaco Pretorius (23:08), Johann Coetzer (23:13), Henry Carstens (23:27), Newald Groenewald (23:48) en Deon van der Walt (23:51).
Altesaam 103 drawwers en stappers waaronder ook drie buitelanders van Engeland en Skotland was Saterdag in aksie.
Almal is welkom om aan die Parkrun deel te neem.
Geen inskrywingsgeld word vereis nie en die wegspringtyd is sedert verlede Saterdag 08:00.
ARTIKEL & FOTO: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'