OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Infanterieskool se jaarlikse Cango-marathon oor 42,2 km en 21.1 km, spring op Saterdag 22 Februarie om 06:00 by die weermagbasis se sportveld weg.
Vervoer na die wegspringpunte tye is as volg: 04:00 vir die 42,2 km-wedloop en 05:00 vir die 21,1 km-wedloop.
Atlete se wedrennommers kan reeds op 21 Februarie tussen 15:00 en 22:00 afgehaal word.
Die marathon word op Vrydag 21 Februarie vooraf gegaan met 'n 5km-pretloop wat om 18:00 by die Infanterieskool se sportgronde wegspring. Inskrywingsfooie is R20 en belangstellendes kan vanaf 16:00 op 21 Februarie vir die pretloop ingeskryf.
Vir enige navrae rakende beide hierdie wedlope kontak Kaptein Monakedi by 073 732 1740.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'