OUDTSHOORN NUUS - ‘n Tydelike atleet Malusi Dlomo en Doretta Smith (Murray & Roberts-atletiekklub), was Saterdag die mans- en vrouewenner van die 41ste Infanterieskool Kango-marathon waaraan altesaam 1 120 atlete van oor die land deelgeneem het.
Dlomo se tyd was 2:23:52 en dié van Smith 2:53:42.
Warrick Smith van die Cabineers-atletiekklub was die tweede man met ‘n tyd van 2:32:11 met Sinesipho Didishe van die Knysna-atletiekklub derde, met ‘n tyd van 2:33:40.
Jeannie Henderson (Wanderers) was die tweede vrou (2:56 54) en Nandi Zaloumus -Mitchell (tydelik) derde in 2:58:16.
In die halfmarathon (21,1 km), was André Ketchen (XCEL PE) eerste by die eindpunt met 'n tyd van 01:04:46 met Lloyd Bosman (Nedbank-atletiekklub - SWD) tweede met 1:05:22 en Sibusiso Matikizela (AAC) derde met 01:08:02.
Melissa van Rensburg (Nedbank-atletiekklub - SWD), was die vrouewenner met ‘n tyd van 1:25:25, gevolg deur Sandra Kohert (Edgemead Runners-atletiekklub) met ‘n tyd van 1:30:03 en Sharon Nel - Sunderland (Nedbank-atletiekklub - WP) in die derde plek met ‘n tyd van 1:31:15.
Altesaam 505 atlete het dié halfmarathon voltooi.
Hannes van Rooyen (Sedgefield Striders) en Anel Oosthuizen (Nedbank-atletiekklub - SWD) was die onderskeie wenners van die stappers met tye van 2:15:59 en 2:42:32.
Andre Ketchen (middel) wenner van die halfmarathon, saam met Lloyd Bosman 2de plek (links), en Sibusiso Matikizela (regs) wat derde geëindig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'