Gallery
CALITZDORP NUUS - Saterdag se Wingerdslinger 10 km-pretdraf op Calitzdorp, is deur die 17-jarige Jacobus Conradie in ‘n tyd van 42:23 gewen.
Pieter van Rensburg, organiseerder van die 5- en 10 km pretdrawwe sê: "Die Wingerdslinger is 3 jaar gelede begin as ‘n informele en spontane stap/hardloop tussen die wingerde en boorde tydens die Bloeiselfees."
Die pretdrawwe en fees is deur De Krans Wynlandgoed aangebied.
Die pretdrawwe was ‘n groot sukses en is deur families en selfs ‘n hond, Firi (‘n Ierse Wolfhond) aangepak.
Firi het die prys vir die ‘eerste junior dogter’ in die 5 km-pretdraf gewen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'