OUDTSHOORN NUUS - Twee meestersatlete van Oudtshoorn het tydens die afgelope SA meestersatletiekbyeenkoms podiumposisies verower.
Die byeenkoms het van 26 tot 28 April in Bloemfontein plaasgevind.
Johann Coetzer het in die 55 tot 59-ouderdomsgroep sy eie SWD-rekord van 9,7 m verbeter na 9,76 m. Hy het ook SA bronsmedaljes in dié item, sowel as die verspring gewen.
In die 200 m-naelloop het hy 'n vierde plek behaal.
Tony Cleophas het in die 50 jaar en ouer kategorie 'n silwermedalje gewen vir sy tweede plek in die 10 000 m.
Johann Coetzer spring sy bronsmedalje los.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'