OUDTSHOORN NUUS -Die jaarlikse Mnr. en Mej. Gimnasium-kompetisie, met die tema, 'n Aand in Rio, het op 14 Mei plaasgevind en het gesorg vir 'n aand vol kleur, energie en glans.
Finaliste het die gehoor beïndruk met hul selfvertroue, persoonlikheid en styl, terwyl dans, vrolike musiek en groot glimlagte tot die feestelike atmosfeer bygedra het.
Verskeie spesiale toekennings is tydens die geleentheid oorhandig. William Deck het die titels van Mnr. Debutant en Mnr. Gim ontvang, terwyl Imke Mulder as Mej. Gim gekroon is.
Die volledige lys van wenners
- Eerste prins: Jean Joubert
- Eerste prinses: Yana Fouchee
- Tweede prins: Kevin Kennedy
- Tweede prinses: Lana Delport
- Mnr. Debutant: William Deck
- Most Liked: Lana Delport
- Mnr. Fotogenies: Kevin Kennedy
- Mej. Fotogenies: Mari Pretorius
- Mnr. Persoonlikheid: Jean Joubert
- Mej. Persoonlikheid: Lana-Maré Hayes
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’