Klein-Karoo-nuus - Die Eden- en Sentrale Karoo-onderwys-distrik het in 2025 'n sterk matriekslaagsyfer van 89,1% behaal en daarmee as die vierde beste presterende distrik in die Wes-Kaap geëindig.
Dit volg op 'n uitdagende matriekjaar waarin slegs twee onderwysdistrikte slaagsyfers bo 90% kon aanteken.
Só het die skole vaar:
Bridgton Sekondêr
Bridgton Sekondêr het vanjaar ’n besonder sterk akademiese prestasie gelewer met ’n indrukwekkende slaagsyfer van 93,8%.
Die skool spog verder met 44 A-simbole, 86 B-simbole en 286 C-simbole.
Dysselsdorp Sekondêr
Dysselsdorp Sekondêr se topdrie kandidate vir 2025 is Lesley Ann Hansen met 80%, Renisha Windvogel met 74% en Kian Lewis met 69%. Die skool spog met 'n slaagpersentasie van 85,7%.
Die skoolhoof, Marius Wagenaar, noem dat uit die 126 leerders wat matriek geskryf het, het 108 geslaag.
"Dankie aan die ouers wat betrokke was by die skool wat bygedra het tot die slaagsyfer. Dankie aan die leerders, julle het ons werklik verbaas, en het goeie resultate gelewer. Lesley Ann Hansen is ons enigste A-kandidaat. Ons is baie trots op haar vyf onderskeidings."
Marius Wagenaar, skoolhoof van Dysselsdorp Sekondêr, saam met Lesley Ann van Hansen, Renisha Windvogel en Kian Lewis. Foto verskaf
Aurial College
Die skoolhoof van Aurial College, Karen Alexander, sê die 78,5% slaagsyfer van dié skool se 65 matrikulante is vir haar 'n bewys van wat leerders, wat uit moeilike omstandighede kom, kan vermag.
"Ons is geneig om na statistiek te kyk, maar dan vergeet ons onder watter omstandighede sommige van hierdie kinders moet presteer."
Sy sê sy is trots op elkeen wat sy of haar deel gedoen het en veral op die 14 wat met BA-vrystelling geslaag het. Die skool se drie topleerders is Shamiera Kammies (66,86%), Bresswin Lukas (66%) en Hananja Botes (61,86%).
Dysselsdorp se topmatriekulante is, van links: Van links is Lee Chandre Claassen, Gerdine Claassen, Exzavier Koeries, Conville Carolus, Devonique Goliath, Yolano Botes, Ruduwaan Gelant, Hananja Botes en Bresswin Lukas. Foto verskaf
Struisies
Gerrit Rudolph, skoolhoof van Hoërskool Oudtshoorn, het met trots die skool se matriekuitslae bekendgemaak.
"Na 'n lang akademiese reis van 12 jaar bereik ons leerders vandag 'n belangrike mylpaal. Namens die skoolbeheerliggaam, die skoolbestuursleierskapspan, personeel, leerders en ouers bring ons ons opregte gelukwensing aan die klas van 2025.
"Hulle prestasies weerspieël nie net hul akademiese vermoë nie, maar ook hul deursettingsvermoë en vasberadenheid."
Top-10
- Ashley Jullies (duxleerder: 3 x A's)
- Sue-Anne Janse van Rensburg (4 x A's)
- Jordan Louw (4 x A's)
- Dayra Wessels (4 x A's)
- Nasirah Mohamud (2 x A's)
- Likhona Gudla (3 x A's)
- Caleb Giewelaar (1 x A)
- Zanicke McGear (3 x A's)
- Oliver Marajh (2 x A's)
- Fabian de Kock (2 x A's)
"Terwyl julle oor julle resultate besin, moedig ons julle aan om betekenisvolle lesse uit die reis te leer, erken julle sterkpunte, leer uit julle uitdagings en streef voort om te verbeter. Laat hierdie prestasie julle motiveer om met selfvertroue en doelgerigtheid vorentoe te beweeg terwyl julle vir die volgende hoofstuk van julle lewens voorberei.
"Tog erken ons en vier ons met trots die suksesse wat julle as 'n klas behaal het. In die klas van 2025 het 92% van ons leerders hul skoolloopbaan suksesvol voltooi. Ons wens die leerders met hul verdere studies en toekomsplanne sterkte toe en bedank almal wat 'n bydrae tot hulle suksesvolle skoolloopbaan gelewer het.
Per Laborem Ad Astra - deur harde werk reik ons na die sterre."
Die top-10-kandidate van Hoërskool Oudtshoorn. Voor, van links: Jordan Louw, Dayra Wessels, Ashley Jullies (duxleerder) en Zanicke McGear. Agter: Sue-Anne Janse van Rensburg, Nasirah Mohamud, Caleb Giewelaar, Likhona Gudla, Fabian de Kock en Oliver Marajh. Foto: Louise Mouton
Hoërskool Môrester
Hoërskool Môrester het vanjaar 'n matriekslaagsyfer van 84,8% behaal, 'n verbetering op die 83,7% wat in 2024 aangeteken is.
Die skool se drie toppresteerders is Revaldo Jansen in die eerste plek, gevolg deur Leighton Adams en Shalana Baartman.
Volgens die skoolhoof, Brandon Claassen, is die styging in die slaagsyfer wel gering, maar die gehalte van die uitslae beduidend beter.
"Dit is 'n prestasie waarop ek, die opvoeders en al ons kandidate baie trots kan wees," het Claassen gesê.
Hoërskool Môrester se drie toppresteerders is, van links: Shalana Baartman (derde) Revaldo Jansen (eerste) en Leighton Adams (tweede). Saam met hulle is die skoolhoof, Brandon Claassen. Foto: Garnett Wicomb
Fezekile Secondary School
The Principal of Fezekile Secondary School in Bongolethu, Thembekha Mabongo, says she is pleased that 29 of the school's 89 matriculants achieved Bachelor's passes.
The pass rate of the 2025 matriculants is 71.9%, and there was a 100% pass rate in English First Additional Language, Business Studies, Life Orientation and Afrikaans Home Language. Matriculants also achieved 14 A symbols for specific subjects.
The top four learners were Ledhansho Uithaler (74%), Simthembile Tu (73%), and Aquila Mapoe and Zikhona Sebenza, each with 69%. Mabongo said she would like to encourage parents to be more involved in the school career of their children and ensure that they attend classes and especially extra classes more often.
Principal Thembekha Mabongo with the four top learners, (from the left) Ledhansho Uithaler, Simthembile Tu, Aquila Mapoe and Zikhona Sebenza. Photo: Hannes Visser
Ladismith-skole
Leerders van Kannaland se twee openbare skole, Hoërskool Ladismith en Ladismith Sekondêr, het uitstekende uitslae in die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen behaal, met slaag-persentasies van onderskeidelik 94,9% en 91,1%.
Ouers en leerders het die skole Dinsdag met groot afwagting besoek om die uitslae te ontvang en die prestasies saam te vier. Donovan Fortuin, hoof van Hoër-skool Ladismith, het die buurskool, Ladismith Sekondêr, gelukgewens met hul prestasie.
"Julle maak 'n gemeenskap trots. Ons is trots op julle," het Fortuin gesê.
Hy het verder beklemtoon dat dit 'n kwaliteitsuitslag was.
"Goeie simbole is belangrik, want dit maak deure oop," het hy aan leerders en hul ouers gesê.
Die topkandidate van die jaar is Britney Jansen, Dami-Lee Williams, Nareeshia Ayslie, Jimenay Opperman en Joshua Selungo.
Die skool se topleerders is, van links: Britney Jansen, Dami-Lee Williams, Nareeshia Ayslie, Jimenay Opperman en Joshua Selungo. Foto: Deon Meyer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’