Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Vyf skole in Oudtshoorn, Eljada Kairos, Dysselsdorp Sekondêr, Aurial Kollege, Bergsig Primêr en Rooiheuwel Primêr se rugby- en sokkerspanne het Dinsdag 18 Februarie sporttoerusting by GAP Management ontvang.
Clarice Louw, projekkoördineerder verduidelik dat GAP Management hul toewyding tot gemeenskapsontwikkeling demonstreer deur noodsaaklike sport-toerusting aan minder bevoorregte skole in Oudtshoorn te skenk.
"Die vyf skole het rugbytruie, kortbroeke, sokkies, hemde en rugsakke ontvang. Die skoolhoofde en sportkoördineerders het elkeen 'n gholfhemp ontvang as 'n blyk van waardering vir hul toewyding tot jeugontwikkeling."
Volgens Louw glo hulle daarin dat elke kind die geleentheid verdien om met trots en selfvertrou aan sport deel te neem.
"Behoorlike sporttoerusting kweek trots, samehorigheid en motivering onder die jeug. Deur in skole te belê bevorder ons dissipline, spanwerk en uithouvermoë, waardevolle vaardighede wat toegepas word in hul daaglikse lewe."
Louw sluit af deur te beklemtoon om terug te ploeg in 'n gemeenskap is een van die kern waardes van hulle maatskappy.
"Ons herken die belangrikheid daarvan om skole in minderbevoorregte gebiede te ondersteun, en glo dat korporatiewe verantwoordelikheid 'n noodsaaklike rol speel om volhoubare verandering te bewerkstellig. Deur inisiatiewe soos dié versterk ons gemeenskappe en dien as inspirasie vir die volgende generasie atlete."
Gallery: Skole ontvang noodsaaklike sporttoerusting
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’