OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse Bloedskenkdiens erken en vier die uitstaande prestasie van die toptien skole wat die hoogste nommer bloedeenhede gedurende 2024 geskenk het.
Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn het 'n tweede plek onder die toptien behaal met 355 eenhede bloed wat leerders geskenk het.
Hierdie skole en hul leerders het bewys dat ouderdom nie 'n verskoning is om 'n lewe te red nie.
Elke jaar neem die bloedskenkdiens hande met skole regoor die provinsie om bloedskenkklinieke een keer per maand aan te bied. Hierdie klinieke word goed ondersteun wat die toewyding van die leerders wys. Hierdie jaar het hul altesaam 16 768 eenhede bloed geskenk.
Hoërskool Outeniqua in George is vir die tweede jaar in 'n ry in die eerste plek met 421 eenhede geskenk.
Die toptien skole is:
1. Hoërskool Outeniqua - 421 eenhede
2. Langenhoven Gimnasium- 355 eenhede
3. Hoërskool Drostdy - 325 eenhede
4. Protea Heights Academy - 319 eenhede
5. The Settlers High School - 275 eenhede
6. Hoërskool Emil Weder - 272 eenhede
7. Hoërskool DF Malan - 258 eenhede
8. Fish Hoek High School - 242 eenhede
9. Worcester Gimnasium - 225 eenhede
10. South African College High School - 195 eenhede
"Ons is ongelooflik trots op die skole vir hul toewyding om lewens te red deur middel van bloedskenk," noem Michelle Vermeulen, hoof van die bloedskenkdiens se bemarking en openbare betrekkinge.
"Jong skenkers speel 'n kritieke rol in 'n volhoubare bloedvoorraad. Hul onbaatsugtigheid en deernis herinner ons daaraan dat helde in alle ouderdomme voorkom."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’