Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - Die Fynbos Hoogte Leefstyloord in Mosselbaai is een van die Rotariërs se vlagskipontwikkelings met 197 huise.
Die Rotariërs is 'n niewinsgewende, dienslewerende organisasie wat betrokke bly by die bestuur van die oorde wat hulle ontwikkel.
Dit maak dit meer bekostigbaar vir inwoners deurdat siekteversorging nie uitgekontrakteer word nie en heffings laag bly.
Die Fynbos Hoogte Leefstyloord bied sedert 2013 vir inwoners 'n veilige hawe met ruim wonings, pragtige tuine, 'n gesellige eetsaal wat in 'n groot ontspanningsaal omskep kan word, goed toegeruste biblioteek en 'n industriële kombuis wat drie etes 'n dag vir pasiënte in die siekeboeg verskaf en een middagete per dag vir die inwoners.
Fynbos Hoogte Leefstyloord spog ook met 'n goed toegeruste siekeboeg met 40 beddens, wat uitstekende mediese sorg bied en deur die oord self bestuur word.
Die siekeboeg wat sedert 2017 pasiënte in die Fynbos Hoogte Leefstyloord huisves en versorg, kos R8 550 per maand en R17 000 per maand vir buitepasiënte.
Die industriële kombuis by die Fynbos Hoogte Leefstyloord waar heerlike etes voorberei word.
Die keurig versierde beddens in die siekeboeg by die Fynbos Hoogte Leefstyloord in Mosselbaai.
'n Nuwe ontwikkeling met 10 bystandeenhede waar mense onafhanklik kan bly met 'n mate van versorging, is nou beskikbaar om te koop teen R790 000 per eenheid.
Daar is reeds met bouwerk aan die eenhede begin en dit sal vroeg in 2023 voltooi wees.
Hier kan inwoners gehelp word met daaglikse versorging en die bestel en toediening van medikasie wat deur die suster aan diens behartig word.
Die koopprys van R790 000 gee die eienaar die reg om in die bystandeenheid te bly en toegang tot die siekeboeg tot en met afsterwe.
Die 10 bystandeenhede is 29 vierkante meter groot. Hulle het almal 'n noordaansig, 'n klein stoepie en 'n deur na buite.
Elke eenheid het 'n klein kombuisie met 'n yskas, 'n mikrogolfoond en 'n eetblad. Die blyplekke is ingerig om mense in rystoele te akkommodeer en het groot inloop-storte om ablusies te vergemaklik.
Hulp is 24-uur beskikbaar met 'n paniek-knoppie en interkom-verbinding na die versorgingsentrum.
Inwoners van dié besondere bystandeenhede het ook toegang tot al die geriewe soos oefeningklasse en uitstappies wat deur die Leefstyloord gereël word.
Die maandelikse heffing is R4 500 per maand vir 'n enkel persoon en R6 800 per maand vir twee mense.
Die vooraansig van die Fynbos Hoogte Leefstyloord se dienssentrum en siekeboeg.
Die heffing sluit in:
- Sekuriteit, versekering, munisipale dienste en watergebruik
- Instandhouding binne en buite die eenheid
- Skoonmaakdienste en klere was
- Een middagete per dag
- Elektrisiteitsverbruik is uitgesluit
Dienste beskikbaar, maar nie ingesluit nie, is:
- DSTV-pakkette
- Haarsny, nael- en ander versorging
- Drie etes 'n dag, indien benodig.
Die Fynbos Hoogte bystandeenhede is 'n lewensreg-projek. Dit beteken as jy die eenheid koop, moet jy daarin bly. Dit kan nie uitverhuur word nie.
Kontak Marinette Smith, eksklusiewe bemarker van die eenhede, by 082 890 5086 of 079 961 7407.
Die e-pos adres is: marinette@fynbosheights.co.za
Webtuiste - www.fynbosheights.co.za
Die goed toegeruste biblioteek by die dienssentrum in die Fynbos Hoogte Leefstyloord.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'