OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se nuwe raadslede is vanoggend (17 November) ingehuldig.
Die raadsvergadering het in Oudtshoorn se banketsaal plaasgevind.
Chad Louw (24) van die ANC is aangewys as die nuwe burgemeester.
Hy het met vier stemme gewen.
Vlancio Donson (Icosa) is aangewys as onderburgemeester van die Oudtshoorn-munisipaliteit. Hy het met 13 stemme teen Johan Allers (VF) gewen.
Colan Sylvester, voormalige DA-burgemeester, is as die nuwe speaker van die Oudtshoorn-munisipaliteit aangewys.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn.
Onderburgemeester Vlancio Donson
Speaker Colan Sylvester
Die raadsvergadering in Oudtshoorn se banketsaal
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'