Update
OUDTSHOORN NUUS - Chris McPherson is Maandag as DA-raadslid van Oudtshoorn ingesweer. McPherson is die DA se burgemeesterskandidaat nadat die vorige burgemeester Colan Sylvester, in Junie bedank het.
Die DA se federale uitvoerende raad het McPherson se nominasie bekragtig. Alhoewel hy as raadslid ingesweer is, is dit nog nie duidelik wanneer hy as burgemeester verkies sal word nie.
Geen raadsvergaderings sal voor 18 Julie plaasvind nie aangesien 'n raadslid sowat twee weke gelede positief vir Covid-19 getoets het.
McPherson moet tydens 'n raadsvergadering met 'n meerderheidstem as burgemeester verkies word voordat hy die pos kan beklee.
Maandag se inhuldiging is bygewoon deur die speaker, Julia le Roux, onderburgemeester Noluthando Mwati, waarnemende munisipale bestuurder Reginald Smith, en Gideon Badenhorst, plaaslike prokureur wat as kommissaris van ede opgetree het.
Vorige artikel: Chris McPherson ingesweer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'