KAROO NUUS - Tenspyte daarvan dat die Independant Civic Organisation of South Africa (Icosa) versuim het om betyds vir die nasionale- en provinsiale verkiesing wat 29 Mei plaasvind, te registreer, en nie aan die verkiesing gaan deelneem nie, sal die raadslede steeds in hul onderskeie dorpe hul kiesers dien.
Luidens ’n mediaverklaring wat Maandag 11 Maart deur Nadia Blaauw, Icosa se woordvoerder, uitgereik is, kon die party aanlyn registreer of die dokumente per hand indien, maar het hulle besluit om die dokumentasie persoonlik in te dien en het na Pretoria gery.
"Op 8 Maart was Klaas Lesholi, die algemene sekretaris van Icosa en vier ander lede by die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) se kantore in Riverside. Hulle het die aansoeke om 15:06 ingedien. Op daardie stadium het die OVK gesê, selfs al handig ons dit per hand in moet ons 'n skakel per e-pos ontvang om ons handtekeninge aanlyn by die aanlyn kandidaat-nominasiestelsel in te dien. Om 15:39 met baie min tyd tot die afsnytydperk het ons die skakel aangevra, maar tot vandag toe is geen sodanige e-pos aan Icosa-leierskap gestuur nie. Selfs na verskeie oproepe na hul kantore met die hoop om steeds die sperdatum te haal."
Volgens Blaauw was die party voorbereid en het hulle hul registrasiefooi en oor genoeg handtekeninge gehad.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’