TUINROETE-NUUS - Die Good-party het veranderinge aan sy verteenwoordiging in sowel die Tuinroete-distriksmunisipaliteit as die Oudtshoorn-munisipaliteit aangebring.
Die Oudtshoorn Courant het vanoggend, 27 Maart, verneem dat die Oudtshoorn-raadslid, Sonia Bentley, en Ashwill Oktober, Good-raadslid by die distrik, hul poste bedank het.
Volgens Brett Herron, sekretaris-generaal van Good, vorm die bedankings deel van ’n interne herskikking van die party se verteenwoordiging. Bentley sal voortaan Good in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit verteenwoordig, terwyl Oktober haar setel in die Oudtshoorn-munisipaliteit oorneem.
Die veranderinge is onmiddellik van krag.
Dit is tans nie duidelik waarom die verandering plaasgevind het nie, en geen verdere redes vir die besluit is tot dusver bekend gemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’