PRINS ALBERT NUUS - Die DA het gister, Vrydag 22 April, die posisies van speaker en onderburgemeester in die Prins Albert-munisipaliteit, tydens ‘n spesiale raadsvergadering, oorgeneem.
Linda Jaquet is as die nuwe onderburgemeester verkies en Stoffel Botes is die nuwe speaker.
Volgens Venolea Fortuin, streeksvoorsitter van die DA in die Wes-Kaap, verwelkom die DA die verwikkelinge.
“Dit beteken die Prins Albert-munisipaliteit is die enigste munisipaliteit in die Sentraal-Karoo wat deur die DA beheer word. Dit gaan ook die verskil dis ‘n munisipaliteit wat deur die DA bestuur word teenoor die munisipaliteit wat deur die ANC bestuur word, bewys.
Dié verwikkelinge in Prins Albert sal ook tot tussenverkiesings lei en ons sien uit daarna om die hele munisipale raad oor te neem,” het sy vanoggend in ‘n verklaring gesê.
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'