Trudy le Roux (58) vertel dat sy Saterdag deur ’n traliehek op haar elmboog geslaan is nadat ’n vreemde man toegang verkry het tot die kompleks.
“Die sekuriteitshek is ’n magneethek en ’n mens kan dit maklik blokkeer met muntstukke of klippe,” verduidelik Le Roux.
Sy sê drie mans in ’n rooi Tazz het Saterdagoggend voor die hek van die kompleks stilgehou.