Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die 29ste KKNK het gisteraand, 22 Maart, amptelik op Oudtshoorn begin met verskeie bekendes wat die geleentheid bygewoon het.
Vanjaar se fees bied waarlik 'n kuur vir elke kwaal en daar is vandag 'n groot verskeidenheid waarna feesgangers kan uitsien. Moenie dat die reën jou afsit nie, daar is 'n groot verskeidenheid vermaak om van te kies.
Vandag se program het reeds vroegvanoogend begin en eindig vanaand na Die Heuwels Fantasties se vertoning om 21:00 by die Feesmark-verhoog.
Gaste tydens die KKNK se opening.Gratis vermaak om na uit te sien vandag is onder meer drie boekgesprekke by die Netwerk24-Feeskafee. IDie eerste gesprek, Hoekom stotter ons pa’s so? begin om 10:00.Vers & Kapittel vind om 11:15 plaas en Die middag reërn roet om 14:00.
- Die res van vandag se program kan by https://kknk2024.kknk.co.za/dagprogram/ gesien word.
Vir die volledige feesgids besoek en meer inligting besoek https://kknk2024.kknk.co.za/kknk-2024-feesgids/.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’