“Dit is Saterdag weer bewys dat motorrenne die sportsoort is wat op Oudtshoorn die meeste toeskouers lok,” se die voorsitter van die motorklub, Dirk van der Westhuizen.
Volgens Van der Westhuizen was die byeenkoms weer ‘n reuse sukses danksy die goeie ondersteuning van die publiek, ideale weer en opwindende renne .
Frederick Verwey en Juan Heunis wat onderskeidelik tweede en derde plekke losgery het in die ontwikkelingsklas het die beste gevaar van die Oudtshoorn ryers.