MOTORNUUS - Die Suid-Kaap-oumotorklub wil daadwerklik jonger lede werf om by die klub aan te sluit. Dié besluit is geneem sodat klublede behulpsaam kan wees om die jonger lede van regte raad en advies te kan voorsien oor die restourasie van voertuie.
Dit is nie 'n vereiste dat 'n persoon 'n motor moet besit om 'n lid van die klub te word nie.
Op die onlangse jaarvergadering van die Veteraan Motorvereniging van Suider-Afrika is besluit dat alle voertuie wat tot en met 1997 vervaardig is, nou kwalifiseer om aan klubbyeenkomste deel te neem.
'n Volla en 'n Kombi staan wag oor 'n miniatuur Vollatjie by die Oumotorskou.
Die Suid-Kaap-oumotorklub sowel as ander motorklubs stel hulle ten doel vir die restourasie en bewaring van ouer model voertuie wat motorfietse, trekkers, bakkies en stilstaande enjins insluit.
Die Suid-Kaap-oumotorklub se gebied strek vanaf Swellendam tot by Plettenbergbaai en so ver as Beaufort-Wes. Nuwe jong lede hoef geen aansluitingsfooie te betaal nie, sleg normale jaargelde is betaalbaar. Die klubbyeenkomste vind maandeliks plaas.
Die Suid-Kaap-oumotorklub bied jaarliks die Oumotorskou in George aan. Die besgeklede paartjie by vanjaar se skou was Nonto Memela en haar man, Godfrey Mashiane van Pretoria. In die tweede plek was Sakkie en Jolene van Zyl van Wellington.
Enige persone wat belangstel om aan te sluit kan Kobus Harris op Mosselbaai skakel by 082 453 1497 of e-pos kobus@harris-scheltema.co.za
''Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'