Hierdie petrolaangedrewe 'voertuig' is aangedryf deur 'n enkelsilinderenjin wat aan die raam tussen die twee wiele met houtspeke en ystervellings gekonnekteer is.
Daimler en sy lewenslange vennoot, die ingenieur Wilhelm Maybach, het die sogenaamde rykar (Reitwagen) in November 1885 bekendgestel, met Maybach wat die 'motorfiets' vir drie kilometer teen 'n maksimum spoed van 12 km/h gery het.
Ten spyte van die feit dat hierdie eerste model twee klein stabiliseringswiele aan weerskante van die fiets gehad het, word dit steeds beskou as die eerste suksesvolle petrolaangedrewe motorfiets.
Die volgende belangrike mylpaal in die ontwikkeling van die motorfiets was die Millet van 1892. Hier-die model het 'n vyfsilinderenjin gebruik, met die silinders wat saam met die wiel gedraai het.
Die krukas is ook gebruik as die agterste as.
Twee jaar later (1894) het Hildebrand & Wolfmueller 'n opskudding op die motorfietstoneel met hul ontwerp veroorsaak. Hierdie Duitse model het rubberbande gebruik en 'n parallelle tweelingenjin gehad in plaas van die algemene vliegwiel-gebaseerde potensiële energieberging (vir tussen die ontsteektye van die silinders)!
Benewens hierdie veranderinge word hierdie model ook onthou as die eerste motorfiets met 'n inklimraam (soos die moderne bromponie) en 'n verkoeler.
Tot in hierdie stadium is die massaproduksie van motorfietse weens die koste en tegniese probleme om die enjin en die fiets te kombineer nog nie bewerkstellig nie, maar dit het verander toe die DeDion-Buton-maatskappy hul klein, liggewig, vierslagenjin bekendgestel het.
Dit sou die aangesig van motorfietsvervaardiging heeltemal verander. Hierdie enjin het gespog met battery-en-spoel-ontsteking en 'n smeerstelsel, wat baie van die pro-bleme wat motorfietsenjins voorheen ondervind het opgelos het. Dit was ook in staat om 'n uitset van 0.5 perdekrag te lewer. Hierdie enjin het die basis geword van alle motorfietse wat daarop gevolg het.
Ek wonder hoeveel motorfietsliefhebbers sou vandag die pad op hier-die eerste 'motorfietse' aangedurf het.
Gelukkig het slim manne ons verseker van 'n baie gemaklike rit op vandag se moderne motorfietse.
.jpg)
In 1892 was die volgende mylpaal die Millet-motorfiets.
ARTIKEL: EMSIE MARTIN