OUDTSHOORN NUUS - As deel van die president se oproep aan alle Suid-Afrikaners gedurende sy onlangse staatsrede om saam te veg om werksgeleenthede te skep, het die departement van arbeid, in samewerking met verskeie rolspelers 'n werksoekersveldtog in landelike gebiede in die groter Oudtshoorn munisipale-area begin.
Die doel van die werksoekersveldtog wat Kliplokasie, De Hoop, Lategansvlei, Buffelsdrift, Matjiesrivier, De Rust en Klipdrif-landelike areas ingesluit het, was om werkloosheid, behuising, sportaktiwiteite, jeugprogramme, tienerswangerskap en ouersorg aan te spreek.
Die plaaslike kantoor van die departement van arbeid het met hierdie veldtog werksoekers bemagtig tydens groepsessies om sodoende by te dra om hul werksoekpogings en indiensneembaarheid te verbeter.
Die publiek, veral werksoekers, kan Inger Manuel of Anlia Rabie kontak per e-pos na Inge.Manuel@labour.gov.za of Anlia.Rabie@labour.gov.za of skakel 044 203 6100/044 203 6115.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'We bring you the latest Oudtshoorn, Klein Karoo news'