Gallery
DYSSELSDORP NUUSFLITS - Vandalisme en diefstal by die KKRWSS se boorgat op Dysselsdorp het die Oudtshoorn-munisipaliteit met hul hande in hul hare gelaat.
Die boorgat is naby die nuwe boorgat wat binne volgende twee weke toegerus gaan word.
“Dysselsdorp kan moontlike watertekorte as gevolg van die vandalisme ondervind, het Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit Woensdag gesê.
Volgens, Mangqwengqwe is al die panele en meeste van die elektroniese stelsel totaal vernietig.
“Die panele en skakeltuig is totaal verwoes en sal deur spesialiste dringend moet oorgebou word. Kommerwekkend is dat die inbrekers die muur aan agterkant van huisie oopgekap het.”
Lees meer aanlyn en in die Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'