OUDTSHOORN NUUS - Ten spyte van die verligting van beurtkrag, bly die watervoorsieningskrisis in die landelike gebiede oos van Oudtshoorn, insluitend Dysselsdorp en Vlakteplaas, kritiek.
Dinsdagaand 25 Februarie het ’n vierde kabelfout op die kragtoevoerlyn na die boorgate in die Kammanasieberge voorgekom. Die´ kabel, wat meer as 40 jaar oud is, het glo skade opgedoen weens 'n kragstuwing of ander elektriese gebeurtenis toe krag verlede week herstel is.
Die integriteit van die kraglyn is ernstig benadeel, wat gelei het tot voortdurende mislukkings.
’n Span is tans op die perseel besig om die jongste fout te herstel. Weens die ouderdom en toestand van die kabel bly verdere mislukkings egter 'n risiko.
Terwyl die volledige vervanging van hierdie kraglyn oorspronklik vir 2027 beplan is, het die munisipaliteit nou die spoedige vervanging van kritieke dele geprioritiseer om 'n meer betroubare toevoer op kort termyn te verseker.
Intussen bly watertoevoer ernstig beperk, en reservoirvlakke is kritiek laag. Watervragmotors word steeds na geaffekteerde gebiede ontplooi. Inwoners wat noodwatertoevoer benodig, kan Klie¨ntediens kontak by 044-2037800 vir bystand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’