OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 15 leerders van Aurial-kollege, BSS en Hoërskool Oudtshoorn is verlede Saterdag na suksesvolle oudisies gekies om deel te neem aan die aanlyn Poetry Slam-kompetisie wat komende Saterdag om 9:00 by Aurial-Kollege sal plaasvind.
Die bekende akrise Lee-Ann van Rooyen, asook draaiboekskrywer Ricardo Arends, sal saam met die plaaslike rymkletskunstenaar MC Noemwoord, die beoordeling behartig.
Die vyftien leerders wat deurgedring het na die Poetry Slam-kompetisie.
Raynard Stander maak die leerders touwys.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'