Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Ses verdagtes is in hegtenis geneem vir handel in dwelms na 'n suksesvolle operasie deur plaaslike polisie in Dysselsdorp en Mosselbaai.
Woensdag 14 Mei het polisielede van die Tuinroete misdaadvoorkomingspan met lasbriewe op Dysselsdorp toegesak met die doel om beweerde dwelmhuise te besoek.
Vier plekke is deursoek in Asla, Beleliestraat, Proteastraat en Malvastraat waar klein hoeveelhede van methamphetamine (Tik) en Mandrax, ammunisie en waarskynlike gesteelde eiendom gevind is.
Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 40 is gearresteer. Hul staar klagtes van besit van dwelms, besit van gesteelde eiendom en die onwettige besit van ammunisie aangekla.
Die verdagtes bly in aanhouding tot hul eerste hofverskyning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’