Die voorval het by Abdul's Shop in Bella Rosalaan gebeur.
Dit blyk dat beide die winkeleienaar asook sy werknemers van Ethiopië afkomstig is.
Volgens 'n inwoner wat verkies om anoniem te bly het die werknemer geld gebruik om aankope vir die winkel te doen en toe die eienaar geld by die werknemer gaan haal het, was daar nie meer geld nie.
"Die eienaar het hom met die vuis geslaan en `n bakkie wat na vermoede aan die werknemer behoort, met klippe stukkend gegooi omdat hy geld wou gehad het. Die werker moes gaan aankope doen omdat die winkel feitlik leeg was en mense niks daar kon koop nie," het die inwoner vertel.
Met die Oudtshoorn Courant se aankoms op die toneel het 'n groot skare mense rondom die kafee gestaan en die werker het met 'n geskeurde hemp en 'n bebloede gesig in 'n kar probeer klim om van die geveg af weg te kom.
Die eienaar wou egter nie uit die kafee kom nie. Die polisie het 'n vangwa tot by die kafee se deur getrek sodat die eienaar direk uit die kafee in die vangwa kon klim om te verhoed dat die gemeenskap hom nie ook met 'n vuis bydam nie.
Weens die feit dat die polisie steeds die saak ondersoek kan nie die klaagster of die beskuldigde se name bekend gemaak word nie.
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval bevestig en het bygevoeg dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.
'n Eienaar van 'n kafee het na bewering Maandag sy werker met 'n vuis bygedam omdat daar nie geld by die kafee was nie.
Die gemeenskap was Maandag in rep en roer na 'n winkel-eienaar sy werknemer na bewering aangerand het.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'