OUDTSHOORN NUUS - Daar is tans drie video's wat die rondte op sosiale media doen oor 'n vuisgeveg by een van die plaaslike hoërskole.
Op die video's kan gesien word hoe die seuns mekaar hard met die vuis bydam en dat hulle ook op 'n stadium op die grond baklei.
Een van die seuns slaan ook 'n ander seun met 'n lyfband.
Volgens betroubare inligting wat deur die Oudtshoorn Courant bekom is, is van die seuns by die eerste rugbyspan van die skool betrokke en is hulle van die volgende wedstryd geskors. Die leerders is ook vir sewe dae van deur die skool geskors.
Volgens die bron is daar ook glo besluit dat 'n verhoor sal volg na die sewe dae skorsing uitgedien is.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is daar vier klagte van aanranding deur die leerders betrokke gelê.
Die inligting is nog nie amptelik deur die skool bevestig nie. Die Oudtshoorn Courant sal Maandag met die skool vir kommentaar kontak maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'