OUDTSHOORN NUUS - Die vreedsame protesoptog teen plaasmoorde in Oudtshoorn sal vandag (Maandag 30 Oktober) om 11:30 begin.
Paaie sal tussen 11:30 en 13:00 vir verkeer gesluit wees en slegs noodvoertuie sal toegelaat word.
Diegene wat gaan deelneem kom op die Calitzdorp-pad net buite Oudtshoorn bymekaar.
Vandaar sal die groep verdeel en die George-pad, sowel as die pad na De Rust, sal gesluit word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'