OUDTSHOORN NUUS - Vroue-landbouvereniging Oudtshoorn-tak het Dinsdagmiddag, 27 Januarie, hul eerste byeenkoms vir die jaar by Millenium Park se eetsaal gehou.
Die tema was herwinning, juwele en tooisels van Kersversierings en almal het deelgeneem. Drie wenners is aangewys en het elk ’n klein prys ontvang.
Die voorsitter, Petro Doman, het vlugtig hoogtepunte uit die jaarprogram uitgelig en lede versoek om hulle SWD Konferensie-items te voltooi vir finale indiening op 25 Februarie.
Afgevaardigdes vir die SWD-konferensie en VLV-kongres is aangewys.
Daar was gelukstrekkings en die groep het die middag afgesluit met roomys, vars vrugtesosaties en vrugtesap.
Drie nuwe lede het aangesluit.
Die volgende byeenkoms is op Dinsdag 17 Februarie om 14:00.
Vir navrae kontak Petro Doman by 072 306 8222.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’