OUDTSHOORN NUUS - Vier mense is vanoggend beseer in ‘n botsing by die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat.
Die botsing het omstreeks 07:30 plaasgevind toe ‘n bakkie met werkes agterop ‘n Volkswagen Polo getref het wat vanuit Baron van Reedestraat in Van der Rietstraat ingedraai het.
Die botsing het die Polo daarna teen ‘n tweede bakkie wat by die stopstraat gestaan het, laat bots.
‘n Passasier en haar 7-jarige dogter wat in die Polo was, is beseer en per ambulans hospitaal toe geneem.
Twee van die vyf werkers wat agterop die een bakkie was is ook met beserings hospitaal toe geneem.
Verskeie botings het reeds by die betrokke kruising plaasgevind en inwoners het opnuut hulle kommer oor die veiligheid van die kruising uitgespreek.
Nooddienswerkers by die beseerde werkers wat agter op die bakkie was.
Die Polo wat deur n konstruksiebakkie getref is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'