Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vermeende inbreker is vanoggend om 03:10 op heterdaad betrap nadat hy glo by 'n woning in Polisiehoogte, Oudtshoorn, ingebreek het.
Volgens sers. Getchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die inwoners van 'n geraas wakkergeword.
Die verdagte is deur die eienaar van die huis vasgekeer en die polisie is gekontak.
Volgens haar is die verdagte op aanklag van huisbraak in hegtenis geneem.
Oudtshoorn Courant het verneem dat die verdagte 'n gaspistool by hom gehad het.
'n Video oor die inbraak doen tans die ronde op sosiale media.
Kyk die video hieronder:
Videograaf Wessel van Heerden het die video geredigeer vir taal en om die beweerde inbreker se gesig te vervaag. Kontak hom by (083) 281-8384 vir al jou video en fotografie behoeftes.
Foto's: Skermgrepe van die video
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'