OUDTSHOORN NUUS - 'n Gemeenskapsvergadering wat deur die Oudtshoorn-polisie gereël is het op 18 April plaasgevind. Verskeie rolspelers is genooi om oor veiligheid en sekuriteit te gesels.
Kol. Soyiso Mantyi (Vispol-bevelvoerder van Oudtshoorn-polisie), het vir brig. Susan Crafford ingestaan. Hy het gesê dat dieselfde imbizo's in sektor 1, 2 en 4 sal plaasvind.
Ranger Grebe, Spiritual Intervention se projekbestuurder, het met Skriflesing en gebed geopen en gesê dat as die gemeenskap saamstaan daar hoop is. "Ons moet Jesus weer die middelpunt maak," het hy gesê.
Rolspelers is die kans gegun om te verduidelik wat die doel en visie van hul organisasie is. Pat Blaauw, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het verduidelik wat die forum se doel en taak is.
Sers. Marius Pietersen, van die sentrum vir die bestuur en ontleding van kriminele inligting (CIMAC) het die analisering van statistieke van sektor 3 se misdaad vir die laaste termyn behandel.
Voor, van links is Pat Blaauw (GPF Oudtshoorn-voorsitter), sers. Marius Pietersen (CIMAC), Darrel Erasmus (Oudtshoorn-munisipaliteit wetstoepassing), Ranger Grebe (Spiritual Intervention projekbestuurder), lt.kol. Tania du Plessis (operasionele ondersteuningsbevelvoerder). Agter: Johan Conradie (AfriForum-voorsitter), kol. Soyiso Mantyi (Vispol-bevelvoerder), ao. Pieter du Plessis (Sektor 3-bevelvoerder), past. Deon Schutte (Spiritual Intervention-voorsitter), Fanie Erasmus (GPF sektor 3-voorsitter). Foto: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’