OUDTSHOORN NUUS - Vier noodvoertuie en 'n polisievoertuig is vanoggend verniet uitgestuur nadat 'n vals noodoproep ontvang is.
Volgens die oproep was 'n vragmotor en 'n motor in 'n botsing in die De Rust-omgewing betrokke.
Geen botsing kon egter opgespoor word nie.
Die beheerkamer het die nommer teruggeskakel, maar die vrou wat geantwoord het, het gesê sy weet nie wie die oproep gemaak het nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'