OUDTSHOORN NUUS - Geestelike Intervensie, Oudtshoorn-polisie geestelike misdaadvoorkoming, en Keep the Dream 255 het Vrydagmiddag, 12 Julie, uitgereik na gemeenskappe in GG-kamp en Bongolethu.
Die doel van die uitreike is om met verskeie rolspelers saam te werk om die brandpunte binne ons gemeenskap te besoek en kennis, geloof en hoop te versprei, vertel Eric Steele, mediawoordvoerder vir Keep the Dream 255-organisasie.
"Ons identifiseer verskillende gebiede in samewerking met Oudtshoorn-polisie, en hul satellietstasies, stel 'n span saam en besoek die area. Ons doel is om betrokke te wees by misdaadvoorkoming, asook om die kernoorsake van misdaad in die gemeenskap aan te spreek."
'n Tipiese middag begin met Praise and Worship gevolg deur sterk boodskappe aan kinders, ouers en inwoners van die omgewing.
Verrigtinge word afgesluit met gebed en 'n belofte om weer besoek af te lê." Die span bestaan uit ao. Jan Combrinck, sers. Mabel Lewendal, Pieter Niemand, Erik Steel en Leland Niemand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’