Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee motors en 'n vragmotor was vanmiddag in 'n ongeluk in Voortrekkerweg betrokke.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant op die toneel bekom het, was die twee voertuie, sowel as die vragmotor, vanuit De Rust se rigting dorp se kant toe onderweg.
Die motors was in die linkerbaan in Voortrekkerweg en die vragmotor in die regterbaan.
Die vragmotor wou in Randstraat na die industriële gebied indraai toe dit met 'n Toyota gebots het. Die Toyota het onder die vragmotor beland wat veroorsaak het dat die vragmotor se dieseltenk gebreek het en die diesel oor die pad stroom.
'n Honda Ballade wat agter die Toyota gery het, kon die vragmotor vermy, maar het teen die sypaadjie vasgery.
Die bestuurder van die Toyota is op die toneel behandel vir nekbeserings en sover vasgestel kan word, was hy nie ernstig beseer nie.
Kyk 'n video hieronder.
Op die ongelukstoneel vanmiddag.
Een van die voertuie het onder die vragmotor beland wat veroorsaak het dat die vragmotor se dieseltenk gebreek het. Foto's: Hein Coetzee
Die een motor het onder die vragmotor beland.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'