DE RUST - Twee onbekende jongmans is vanmiddag net ná 18:00 sowat 10 km buite De Rust op slag dood toe die motor waarin hulle gery het die pad verlaat en in 'n boom vasgejaag het.
Die name van die twee oorledenes, beide in hul laat twintigs of selfs vroeë dertigs, is nog nie bekend nie. Een van hulle was glo by die Oudtshoorn-munisipaliteit werksaam.
Polisie en reddingswerkers op die toneel sê die oorsaak van die ongeluk is onbekend.
Albei oorledenes is na die lykshuis op Oudtshoorn geneem.
Die motor is 'n totale wrak.
Sodra meer inligting bekend word sal dié aanlynberig bygewerk word.
Die wrak van 'n passasiersmotor waarin twee jongmans vanmiddag net ná 18:00 op die De Rust-pad gesterf het:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'