OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn- en De Rust-toerismeburo (OTB) het in Januarie, in samewerking met die Kango-grotte, Buffelsdrift Game Lodge en Ocean Odyssey deelgeneem aan die jaarlikse Vakantiebeurs Bemarkingskou in Nederland.
Volgens Corleen Barnard, bestuurder van OTB het hierdie geleentheid, in Utrecht plaasgevind, en is dit een van die grootste reis- en toerismebeurse in Europa.
"Dit lok jaarliks duisende besoekers, insluitend reisagente en potensiële toeriste. Die Nederlandse mark is een van Groter Oudtshoorn se topvyf internasionale besoekersgroepe, en deelname aan die Vakantiebeurs bied 'n belangrike platform om die streek as 'n toerismebestemming te bevorder."
Barnard sê dat OTB, saam met die Kango-grotte en Buffelsdrift, na afloop van Vakantiebeurs ook 'n privaat bemarkingsskou in Duitsland bygewoon het.
"Hierdie inisiatief het gefokus op die bevordering van Groter Oudtshoorn, die Tuinroete en die Klein-Karoo as gesogte toerismebestemmings.
Deur deelname aan internasionale bemarkingsgeleenthede soos hierdie, beoog OTB en sy vennote om Oudtshoorn en De Rust se unieke toerisme-ervarings op die wêreldkaart te plaas en nog meer besoekers na die streek te lok.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’