BEAUFORT-WES NUUS - Tyhler Duimpies (23) van Beaufort-Wes is onlangs aangewys as een van 30 finaliste wat sal meeding vir die Mej. Suid-Afrika 2022-titel.
Duimpies het 'n NQF 4 en 5 in bemarkingsbestuur en doen tans vrywillige werk vir 'n organisasie. Sy luister graag na musiek en het 'n groot liefde vir kuns.
"My droom is om eendag na Los Angeles te reis om die skitterende ligte van die stad te beleef."
Duimpies wil graag met haar deelname bewusmaking oor selfmoord en boelie bevorder.
Sy wil ook graag die titel as Mej. Suid-Afrika wen omdat haar fokus nie daarop gemik is om iemand te beïndruk nie, maar om 'n impak op ander se lewens te maak.
"Ek is so lief vir die diversiteit van Suid-Afrika, en ek glo dat as jy eers in Suid-Afrika was, jy altyd sal terugkeer."
Indien jy vir Duimpies wil stem kan jy die Mej. Suid-Afrika-toepassing aflaai en vir haar stem, sodat sy 'n kans kan staan om een van die 10 finaliste te wees.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort Wes, Klein Karoo nuus'