Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die munisipaliteit vra dringend dat mense nie gerugte oor Voortrekkerweg en die Raubenheimer-dam moet deel of ag daarop slaan nie.
Gerugte dat Voortrekkerweg gesluit gaan word omdat die brug onveilig is, is onwaar.
Gerugte dat die Raubenheimerdam se wal oorstroom word is ook onwaar.
Oudtshoorn Courant het met die onderskeie ingenieurs kontak gemaak en die gerugte is as onwaar bevestig.
Die Raubenheimerdam het 'n reuse "tregter" by die watertoring in die dam waar oortollige water in loop en dam deur n betontonnel aan die onderkant van die damwal vrygelaat word.
Daar is ook 'n beroep op motoriste om nie onnodige ritte te onderneem nie. Die aangehegte foto is van die oorloop in die dam wat water wegvoer as die dam 100% bereik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’