Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Eljada Nasorg vir persone met intelektuele gestremdhede het oudergewoonte hul jaarlikse huisdinee die afgelope naweek aangebied.
Vir die inwoners is dit die grootste geleentheid van die jaar en word hulle met 'n Kersfeesete en geskenkies bederf. Hulle trek hul mooiste klere aan en die meisies se grimering en hare word spesiaal deur vrywilligers vir die groot geleentheid gedoen.
Die tafels word deur borge gedek vir die feestelik maal wat deur Western Province Caterers voorberei word. Elke tafel lyk anders met 'n geskenkie vir elke inwoners.
Wilma Lemmer, bestuurder van Eljada, het al die borge bedank, veral Joan Joubert, wat reeds 13 jaar by die reëlings van die geleentheid betrokke is.
Marilyn le Roux, senior huismoerder, het die eregaste verwelkom en ook aan die bestuur en ander huismoeders hul dank uitgespreek vir die jaar se harde werk en liefde waarmee hulle die inwoners hanteer.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'