OUDTSHOORN NUUS - Tydens Laerskool Wesbank se Ouma en Oupa-dag wat op 23 Februarie gehou is, het dr. Adam Barnard 'n toekenning ontvang vir die Oupa wat die meeste kleinkinders by Wesbank gehad het.
Volgens sy skoondogter, Lyzette Barnard, is dr. Barnard ook die oudste oorlewende leerder van sy graad.
Hy was ook 'n leerder van Laerskool Wesbank.
"My dogter, Kenzy (5), is sy elfde kleindogter en sy negende kleinkind wat in Laerskool Wesbank is. Al ses sy kinders se kinders was in dié skool."
Volgens haar was dit vir die hele familie, maar veral vir dr. Barnard, 'n groot eer om dié spesiale toekenning te kon ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'