OUDTSHOORN NUUS - Twee kinderboekskrywers, Christien Neser en Susan Ongansie, het die afgelope week Laerskool Wesbank en Laerskool Laurus op Oudtshoorn besoek as deel van 'n leesveldtog van Lapa Uitgewers om lees onder die jeug te bevorder.
Neser, wat ook 'n spraakterapeut van beroep is, en Ongansie (voormalige onderwyser van Oudtshoorn), het om die beurt ook hul eie boeke tydens hierdie besoeke bemark.
Neser se boekreeks bestaan uit die Elle-reeks van 10 kinderboeke.
Ongansie se eerste kinderboek, Kattekwaad, is verlede jaar deur Lapa uitgegee.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courand, asook aanlyn.
Christien Neser (links agter) en Susan Ongansie saam met leerders van Laerskool Laurus met boeke van die twee skrywers. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutse Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'