PRINS ALBERT NUUS - ’n Hulponderwyser wat in haar vrye tyd skryf, skilder en huise en honde oppas, is pas aangewys as die eerste- en derdepryswenner in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfkompetisie.
Hanli Burger (45) het in die kortverhaalafdeling vir ongepubliseerde skrywers dié pryse gewen vir haar kortverhale Onder die vloerplanke en Sonder water.
Dis die eerste keer dat Burger aan ’n landwye kompetisie deelneem nadat sy voorheen jaar ná jaar pryse gewen het met haar prosa en poësie in die skryfkompetisie van die Prins Albert-leesfees.
Haar pandemiegedig Papillonidae is onlangs opgeneem in die digbundel Maskers en mure wat in Junie saam met die werk van 141 ander digters van reg oor die land deur Turksvy Publikasies gepubliseer is.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'