TUINROETE NUUS - Inskrywings word ingewag van kunstenaars vir die ATKV-Crescendo 2025 talentkompetisie.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Om in te skryf, sien: www.crescendo.org.za. Vir nóg inligting, e-pos Petronel Baard (petronel.baard@gmail.com).
Inskrywings word tot middernag, komende Vrydag, 12 Julie, ingewag om moontlik te kwalifiseer vir die werskwinkel op Saterdag, 20 Julie, by The Town's House, Markstraat, op Mosselbaai.
Dit gaan deur Robin-Dean Fourie, oftewel "Die Hooflig", Stef Kruger, Petronel Baard en Whaden Johannes aangebied word.
Finaliste
Daaruit word die finaliste vir 2025 vir ATKV-Crescendo aangewys.
Ná die werkswinkel sal daar ook 'n vertoning by Salty River Beerhouse, Klein-Brakrivier, aangebied word met Die Hooflig & Vriende, sodat mense dié besondere kursusleier van Crescendo in aksie kan sien.
Die publiek is welkom en besprekings kan by Chris (082 713 5082) gedoen word. Die verrigtinge begin om 18:00 en kostes beloop R50.
Die ATKV-Crescendo werk saam met Petronel, die Mossel Bay Creative Cultures Association (MOCCA) en Mosselbaai Toerisme om die geleentheid vir almal moontlik te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’