DE RUST NUUS - Gemeentelede van die VGK Rietvlei-gemeente buite De Rust het moue opgerol en self besluit om die area rondom hul kerk netjies te hou.
Volgens Johannes Moos, een van die gemeentelede, het hulle een aand tydens 'n vergadering 'n bespreking oor die skoonmaakprojek gehad.
"Dit was die jong mense wat gesê het ons kan self die terrein skoonmaak."
Volgens hom het hulle ook die gemeentelede en inwoners van Rietvlei gevra om nie papiere en ander gemors net neer te gooi nie.
"Ons mense moet trots wees op waar hulle woon en waar hulle kerk gaan. Daarom moet dit skoon en netjies ook wees."
Titus sê hulle is van plan om dit op 'n gereelde basis te doen en hy hoop dit motiveer ook ander mense om self rondom hulle skoon te maak.
Van links is: Gavin Conradie, Piet Avontuur, Josley Baardman, Johannes Titus en Rudolph Kamfer.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'