OUDTSHOORN NUUS - Dit blyk dat die leierskapstryd in die Saamstaan Suid-Afrika-party steeds voort woed nadat die party se regsbeampte, Hans Malgas, vandeesweek aangedui het dat die party se algemene jaar vergadering (AJV) op 15 Julie, steeds voortgaan.
Tydens dié vergadering sal ‘n nuwe partybestuur gekies word.
Dit ondanks die feit dat die party se interim president, Shapiro Michaels, verlede week ‘n dringende hofaansoek ingedien het om die AJV te stop wat op môre, 12 Julie in Kaapstad, aangehoor sal word.
Saamstaan Suid-Afrika het op 19 April vanjaar, met Malgas en Michaels op die voorpunt en toe as eenheid, suksesvol die hofsaak gewen om die party se stigter en raadslid Mlandeli Nyuka, te vervang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’