OUDTSHOORN NUIUS - Hazel Jonker, bekende historikus kom die Suid-Kaapse tak van die Genealogievereniging van Suid-Afrika op Woensdag 20 Augustus toespreek. Dit begin om 10:00 in die George-museum.
Jonker het in Februarie vanjaar die eiland van St. Helena gaan besoek en teruggekeer met ’n magdom van kennis en verrassings. St. Helena-eiland is geleë in die Atlantiese Oseaan en ongeveer 1 900 km wes van Suid-Afrika. Dit staan onder Britse beheer.
Haar besoek het ten doel gehad die navorsing van geskiedenis van haar eie voorgeslagte, maar sy het tydens die besoek ook ontdek dat daar ’n ryke geskiedenis opgesluit lê in onder andere die geskiedenis van die ongeveer 6 000 Boere-krygsgevangenes wat daarheen geskuif is tydens die Anglo-Boereoorlog van 1900 en 1901.
St. Helena is egter minder bekend vir die groot en belangrike rol wat dit gespeel het in die bevryding van slawe, veral die rol van slawehandel tussen Wes-Afrika en die Amerikas gedurende die 1840’s. Die bekende Franse generaal, Napoleon Bonaparte, is natuurlik ook na die eiland verban waar hy oorlede is.
Enige belangstellendes is welkom om die geleentheid by te woon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’