OUDTSHOORN NUUS - Die Bridgton-rugbyklub het Saterdagoggend Jeugdag gevier deur 'n koppie warm sop en 'n toebroodjie aan kinders van Bongolethu, Mandelahoogte en Polisiehoogte uit te deel.
Collegians-rugbyklub het ook 'n bydrae tot die sopbestanddele gelewer.
Die geleentheid was volgens Benito Metembo, die voorsitter van Bridgton-rugbyklub, deel van die klub se gemeenskapsbetrokkenheid om die jeug by sport en veral rugby, betrokke te kry.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'