OUDTSHOORN NUUS - "Coen Basson is ’n gesofistikeerde verteller, ’n skrywer wat uitstekende tydspronge in sy verhale maak, sonder dat die leser die draad verloor. Tussen ons se inhoud is goed, die voorkoms goed, en tegnies en taalkundig goed versorg."
Só het die digter en vertaler Daniel Hugo verlede Donderdagaand aan Basson gesê by die bekendstelling van Basson se debuutbundel kortverhale wat pas verskyn het.
Hugo het ’n onderhoud met die skrywer gevoer voor sowat vyftig mense wat die geleentheid in die Cape Karoo Emporium in Oudtshoorn bygewoon het.
Tussen ons is deur Turksvy Publikasies uitgegee. Basson was jare lank lid van die Klein-Karoo Skryfforum (KKSF). Nog ’n lid, Maretha van der Westhuysen, se kortverhaalbundel, Deur haar venster, het in Maart by Turksvy verskyn.
Kontak Coen Basson by 084 233 3600 of Turksvy Publikasies by turksvypublikasies@gmail.com vir meer inligting oor Tussen ons.
Coen Basson met sy kortverhaalbundel, Tussen ons.
Ongeveer 50 gaste het die bekendstelling van Coen Basson se kortverhaalbundel, Tussen ons, bygewoon.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'