OUDTSHOORN NUUS - Die Van Reede-trompoppies en hul afrigters wat onlangs Protea-kleure ontvang het, het Woensdag 23 September na Pole vertrek waar hulle uitstekende vertonings gelewer het.
Volgens Ronald Presher, Protea-afrigter vir die span, het die span absoluut skouspelagtig gelyk toe hulle die vloer betree het vir die septer-kategorieë.
“Ons is amptelik in die pylvak van hierdie ongelooflike wêreldkampioenskapreis, en een ding is seker: ons atlete van span SA kan met trots die hoof hoog hou, wetende dat hulle uitstekende werk gelewer het om Suid-Afrika op die wêreldverhoog te verteenwoordig,” het hy gesê.
Hy het die Protea-afrigters hartlik bedank vir hul ondersteuning en aanmoediging tydens elke optrede, en die SA-span aangemoedig om die laaste skof van die kompetisie sterk af te sluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’